Jeugaksie

Ons vorm die geloof van die volgende generasie

Jongmense

As jy by Vier Ankers gemeente aansluit, word jy deel van ons unieke geloofsreis.

Op hierdie reis is ons baie afhanklik van ons padkaart of GPS (die Bybel) wat vir ons wys waar ons vandaan kom en waarheen ons gaan. Ons reis reg oor die hele kaart en ontdek nuwe plekke oor 'n groot verskeidenheid terreine soos ons meer en dieper van die Bybel leer.

Jongmense

Kleuterkerk

Ons wil ons voorskoolse jongmensies op hulle eie vlak met die evangelie bedien en daarom hou ons Sondae om 09:00 tydens die oggenderediens ook kleuterkerk.

Junior Jeug

Ons jongspan vanaf voorskool tot graad 6 kom elke Sondag om 10:00 gedurende skool kwartale bymekaar. Ons gebruik die boodskap van die Bybel tot op elke kind se vlak om hulle geloof te vorm.

Senior Jeug

Gerig op graad 7 tot graad 11. Ons styl is jonk en informeel. Hier word geleer hoe om dissipels in die wêreld te wees en hoe om geloof uit te leef in hul alledaagse lewe.

Belydenisjaar Inligtingsbrief

Wat alles moet jy weet?

Die openbare belydenis van geloof bied gelowiges die geleentheid om persoonlik voor God en voor die gemeente te bely wat hulle glo. Dit gaan oor jou verhouding met God. Jy bely dat jy GLO dat God jou uit GENADE verlos het van jou sondes.

Belangrike Inligting

Belydenisjaar is 'n program wat oor die hele jaar aangebied word. Ons vra dat jy nie meer as 4 lesse mis nie.

Spesiale Datum: 1 November 2026 (Dagboek dit asseblief nou al!)

Vrae wat jy gaan beantwoord:

  • Bely jy dat Jesus Christus jou persoonlike Verlosser is?
  • Bou jy jou geloof op die Bybel en die belydenisskrifte van ons kerk?
  • Belowwe jy om as lidmaat in hierdie belydenis te volhard?
  • Aanvaar jy dat medegelowiges jou sal help om op die regte pad te bly?