Ons Geskiedenis
In die 90’s het ‘n aantal NG-gemeentes in die Ring van Sasolburg besef dat dit noodsaaklik is om ingrypende veranderinge te maak aan die bediening deur die NG Kerk in Sasolburg.
Na samesprekinge het vier gemeentes besluit om saam een nuwe gemeente te stig: Vier Ankers, die naam dui op die feit dat daar slegs een Rots is, Jesus Christus, die enigste Anker en Fondasie vir elke kind van die Here.